Posted by: Elsies | September 22, 2010

Baie dankie – Mnr Gericke

Aan die einde van nog ‘n baie besige kwartaal bedank ek graag ons ouers, personeel en kinders vir al die ongelooflik baie dinge wat in hierdie kwartaal plaasgevind het.

Ouers, dankie vir u volgehoue ondersteuning op alle terreine.  Kinders en personeel, dankie vir baie harde werk.  Wees verseker dat ek elkeen van julle opreg waardeer.

Rus lekker en pas julle op, julle is almal kosbaar vir hierdie skool.  Dankie aan ons Hemelse Vader wat elke dag in beheer van hierdie skool staan.  Mag Hy elkeen van u behoed en bewaar gedurende die vakansie en veilig laat terugkeer.

Posted by: Elsies | Augustus 19, 2010

Skoolhoof aanstelling

Graag deel ek my aanstellingsvreugde asook voorreg met u as ouergemeenskap.  Dit is vir my ‘n besonderse eer om aan die hoof te staan van Laerskool Elspark.  Hierdie skool is geseën met ‘n wonderlike personeel, ouergemeenskap en pragtige kinders wat mooi waardes en norme uitleef, wat voortspruit uit hul opvoeding.

Wees verseker dat ek soos in die afgelope 18 jaar alle aandeelhouers van die skool se belange op die hart dra en dat my persoonlike doelwit een van diens aan elkeen van u is.

Die skool se grondslag sal nog steeds gebaseer wees op Christelike beginsels gekoppel aan mooi waardes en norme.  Ons sal ook poog om, waar moontlik, ons standaarde op alle vlakke te verhoog (akademie, sport, kultuur, dissipline ens).

Belangrik vir u as ouers om te weet is dat hierdie skool nie aan my behoort nie, maar aan u as ouer.  Daarom wil ek vir u nooi en aanspoor om altyd positief betrokke te wees by u skool.  Die sukses gaan nie net van my persoonlik afhang nie, maar u volgehoue ondersteuning.  By voorbaat dankie dat ek weer soos in die verlede op u kan staatmaak.  Ek waardeer u geweldig.   Mag ons Hemelse Vader gee dat hierdie skool van krag tot krag sal gaan en dat ons altyd ons leuse – kennis, liefde en diens – gestand sal doen.

Groete
Fred Gericke

Posted by: Elsies | Maart 23, 2010

Veilige straat – baie dankie!

Van ons ouers se kant af wil ons net baie dankie sê vir:

Mnr. Gericke vir die groot, oranje ‘cones’  wat aangeskaf is;
Vir die grondpersoneel wat dit al vroeg uitsit;

Baie dankie aan die ouers dat julle die verkeersreëls so getrou nakom en ons kinders veilig hou.

Dankie aan die padpatrollie seuns en dogters, wat al vroeg op hulle plekke staan.

Dankie aan Laerskool Elspark wat aandag aan die saak gegee het en sorg dat ons kinders veilig is.

Posted by: Elsies | Oktober 22, 2009

Vanuit Hartenbos! (dankie aan almal)

Goeie dag

Ek het toevalling op die net gaan rond kyk vir kosblik idees en op jul skool se webblad afgekom….  PUIK ! ! !  my woorde is min…..

Dis regtig interessant,  ‘n mens weet wat aangaan in jul skool.

Heleen
(Hartenbos)

Baie dankie aan al die ouers en onderwysers wat saam aan die webblad bou – foto’s, nuus en voorstelle instuur. Julle hulp word BAIE waardeer en als help die web uitblink – hou so aan asb – julle is great!

Elsie-web

Posted by: Elsies | Oktober 21, 2009

G.R.O.E.N.

Jacques van GROEN,

Laerskool Elspark maak elke jaar tuin mooi op Lentedag!

Laerskool Elspark maak elke jaar tuin mooi op Lentedag!

Ek stem saam dit is nog makliker in die somer… daar is skole wat Groen projekte het en meer as R100 000 per jaar vir hulle skole insamel.

Deur te begin by die grondlegginsfase en net 4 boksies in die klasse te hou wat Groen geverf is kan mens klaar daar al reeds die saaidjie plant.  Plastiek, papier, glas en dan een vir blikke.

Ons moet ons local mense betrek en kyk hoe mens dan te werk gaan en dit opgehaal kry sodat dit vir ons skool ‘n inkomste kan inbring, maar die mees belangrikste ook bewuswording by ons kinders vrystel wat dit dan weer aan hulle gesinne kan oordra en weldrae het ons net GROEN ouers!!!!!!!!!

Kom nou Elsies hoe lyk dit met Groen projek??? ek weet ons kan.
Ouer

Posted by: Elsies | Julie 27, 2009

Gee jou mening …


Indien jy gesê het die webblad kort nog aandag, laat weet asb d.m.v ‘n kommentaar waaraan ons nog kan werk.

Posted by: Elsies | Julie 2, 2009

Sjoe!

Sjoe! ek het gaan kyk na die skaaklink, baie mooi! Julle het my email, stuur foto’s en uitslae en dan blog ek julle op my skaakblog! – as julle belangstel!

Nikita

Posted by: Elsies | Julie 2, 2009

Ons speel skaak!

Dankie.
Ja, ons is ‘n baie oulike skool, ons is ook op twitter, nou onlangs. Ons het ‘n hele paar oulike skaakspanne, drie van hulle is sterk oppad na die Gauteng kampioenskappe.
Ons speel skaak
Kyk bietjie hoe speel hulle op ons webblad se fotogallery …
http://www.laerskoolelspark.co.za/fotogallery.html

Posted by: Elsies | Julie 2, 2009

Oulike skool …

Dis baie oulik van ‘n skool om ‘n blog te hê, motiveer bietjie meer skole om dit te doen! Enige skaakspelers in julle skool?

Nikita

Van ‘n Suid-Afrikaner in London!
Kyk bietjie hulle blog by:    http://chessaleeinlondon.wordpress.com/

Posted by: Elsies | Junie 30, 2009

Vandag ‘n rakket, môre ‘n kar …

Ek verstaan nie hoe ‘n kind by die huis kan aankom met ‘n item (soos ‘n tennis rakket) en dat jy as ouer nie bevraagteken waar jou kind dit gekry het nie? Dis nie ‘n klein item wat maklik kan weggesteek word nie. Kom nou ouers – wees betrokke en kyk waarmee kom jou kind huis toe. Vandag ‘n tennis rakket en môre ‘n kar…..

Sonja
2009/06/19 at 1:29pm

Posted by: Elsies | Junie 10, 2009

G R O E N

Ja, alle Elsies die winter is hier en die koue weer is glad nie lekker nie, maar dit moet ons nie verhinder om ons ongewing en skoolgronde groen en rommel vry te hou nie.
Hier is ‘n gedagte vir alle Elspark leerlinge en ouers:

G – Geen
R – Rommel
O – OpSkoolgronde
E – Elspark (Laerskool)
N – Nie !

Kom maak n verskil – groen is die nuwe generasie se erfenis!

Jacques

Posted by: Elsies | Mei 21, 2009

Ouers, wees bewus…

Wil net ouers bewus maak om onder kinders se aandag te bring dat daar in die skool se omgewing ‘n jong man van omtrent 20 is wat selfone en geld by kinders afneem.  Dit het gister met my seun in Mimosa Straat gebeur.  Gelukkig het hy niks by hom gehad nie en het hy vinnig na ‘n hek toe gestap.  Weet van een van Hoerskool Elspark se leerlinge wat met ‘n mes gedreig was deur dieselfde beskryfde persoon.  Asb. wees op die uitkyk en maak kinders bewus om eerder in groepies saam te stap of om meer oplettend te wees indien hulle alleen stap.

Groete

Yvette Ferreira

Posted by: Elsies | April 8, 2009

Dankie…

Ek wil net graag as ‘n ouer,die hoof en personeel bedank vir hulle toewyding en ondersteuning van ons kinders en hulle ‘n rustige vakansie toewens,ons hoop hulle kom almal veilig en uitgerus terug.

Ons is dankbaar dat ons kinders in diè atmosfeer en omgewing onderrig word en bevoorreg om gehalte opvoeders te kan hê.

Dankie.

Karel Bothma
26/03/2009

Posted by: Elsies | Maart 22, 2009

Volgens ‘n pa wat sy kinders aflaai….

Die ouers by die voetoorgang is ‘n groot probleVoetoorgangreels nie nagekom nieem. Dit lyk of somige kinders reg voor hulle klasse af gelaai moet word. ‘n Voetoorgang is nie om op te stop nie. Ek stel voor die skool moet die kinders die reels van ‘n voetoorgang leer, sodat hulle sal weet wanneer hulle ouers oortree. ASB moenie op of naby die voetoorgang stop nie!!!

Concerned Mom said

March 25, 2009 at 10:13 am e

I Agree totally with “volgens ‘n Pa wat sy kinders aflaai” the crossing and yellow lines are there to keep our children safe, but some parents just could care a less, espically in the afternoons when they park on the yellow lines, and when scholar patrol ask them to move they get ignored or screamed at, and worse even sworn at, I know as it has happened before, parent the kids are doing there job as scholar partol it in against the rules to park on a crossing or a yellow line, catch a wake up and obey the school and road rules

Posted by: Elsies | Februarie 26, 2009

Lig u mening oor iets anders?

Wil jy dalk oor ietsie anders gesels as wat op is? Wel, laat ons weet deur dit sommer in die ‘comments’ van een van die ‘posts’ te sit. Ons sal dit uitlig in ‘n aparte post. Ons wil graag hoor wat jy dink!

Onthou, jou kommentaar verskyn nie dadelik op die www nie, dit neem ‘n paar uur.

Ons behou die reg om kommentaar te weerhou, af te keur of te sensor. Dit is net in gevalle waar ons voel dat dit onbillike of kwaadwillig van aard is. Enige persoonlike probleem of geskilpunt hierop uitgelig word nie gepubliseer nie, maar sal na die hoof van Laerskool Elspark gestuur word.

Posted by: Elsies | Februarie 21, 2009

Hou ons kinders veilig – hou by die verkeersreëls

Vir die veiligheid van ons kinders wil ons asseblief die volgende onder u aandag bring.

1. Moet asseblief nie op die geel en rooi lyne parkeer om u kinders op en af te laai nie. Die nodige parkering is beskikbaar. Indien u daar parkeer bemoeilik dit die skolierpatrollie se uitsig vir aankomende verkeer.

2. Alle leerders wat die pad kruis moet die voetoorgang gebruik.

3. Gehoorsaam asseblief ten alle tye die spoedreëls voor die skool. Ry asseblief stadig by voetoorgange. Die veiligheid van al ons kinders is op die spel.

In opdrag van ons ouers, Beheerliggaam en verkeersowerheid gaan ons oortreders se registrasienommers neem vir verdere vervolging deur verkeersowerheid. Ons doen ‘n beroep op die ouers om foto’s van oortreders te neem vir verdere vervolging. ‘n Kamera wat die voetoorgange monitor sal aanstons aangebring word.

Ons maak staat op u samewerking omdat ons kinders se veiligheid vir ons baie belangrik is.

Kategorieë