Kopluise – wat jy kan doen.

Beste raad vir Kopluise:

1. Deurweek jou kind se hele kop in Olyfolie.
2. Terwyl dit vol olie is, draai dit toe in Glad Wrap. Los vir ten minste 30 minute.
3. Haal die Glad Wrap af en kam baie goed deur met ‘n luiskammetjie. Vee die kam af teen ‘n wit

servet/tissue. Sien hoe die luise sowel as die eiers loskam.
4. Speol nou die olie af met wit asyn.
5. Was nou deeglik (3 maal) om die olierigheid te verwyder.

NB: Was alle haarborsels in kookwater.
Vervang beddegoed en kussingslope met nuwes, en verwyder sagte speelgoed totdat dit
skoongemaak kan word. Die omgewing moet ook skoongemaak word, anders word die luise net
weer opgetel.

Indien nodig moet hierdie proses dre keer in ‘n ry herhaal word (oor drie dae), om seker te maak dat al die eiertjies verwyder is.

20 Januarie 2010 - GLF Oueraand: Tanja Botha, Gesondheidsinspektrise by Ekurhuleni Munisipaliteit, deel met ouers:  Meer oor Luise – mites en rate.

Hierdie opname is 13:14 minute lank.

Luister hier …



‘n Luis eiertjie op ‘n haar.

Hoe 'n kopluis lyk - vergroot.

Skrywe uitgegee:
Meer oor kopluise en wat jy kan doen….kopluise

Responses

  1. Hi daar,
    Ek het op die oomblik ook dieselfde probleem met my kleinseun. Hy is 1 jaar en 7 maande oud, en het dit by dagsorg opgetel. Die groot probleem is, ek kan die rate probeer, maar hy sal nooit dat ek gladwrap om sy kop draai nie. Sal dit werk as ek dit net so oop los met die olie op? Ek is desperaat, want het al verskeie goed gekoop by die apteke, en sy kopvelletjie raak bloedrooi soos dit hom brand. Hy is al histeries as ons net aan sy kop vat, so ek wil dit so pynloos as moontlik doen. Ek moet ook net byvoeg, hy het ‘n dik bos hare wat effens krullerig is. Hoeveel olyfolie gebruik mens omtrent?
    Dankie by voorbaat.

  2. Ek sukkel al 2 maande om van neute ontslae te raak . Kam dit wel uit maar dit is so pynlike proses vir my 3 jarige dat dit baie tempting is om maar eerder al die hare af te skeer.

  3. Ek is nou regtig raadop!!!!!! Ek het ook al als probeer wat daar is om te probeer, van honde shampoo tot olyfolie met die hele proses met die afspoel met asynwater. Die luise bly net terugkom. Ek het tot my buurvrou se Genesus masjien geleen die naweek en al wat ‘n bed is geskrop en beddegoed weereens gewas. Ek wen net nie met die luise op my dogtertjie van 4 se hare nie het dit tot selfs met die kleuterskool waar sy deur die dag is bespreek.

  4. Hi, ek het al wat ‘n raad is probeer!
    Van die produkte het my kinders se kopvel gebrand, asyn is skerp, veral as jy ‘n sensitiewe kopvel het! Ek dink ek het die beste ontdek, Alkod en dit is ‘n produk wat haargroei verbeter en gesond hou! Ek wend dit een keer per week aan my kinders se hare en hul het nie ‘n neut op hul koppe nie! Maar ek dink ook dit gaan oor die moeite wat gedoen word met die kinders se koppe! Kyk gereeld of daar enige iets tussen die hare is en maak die tyd van behandeling interresant en lekker vir die kinders! Sterkte vir al die mammas en die kinders! Groete Sanet! En moenie die Alkod vergeet nie, is gewoonlik by jou plaaslike apteek beskikbaar!

  5. dankie vir die raad my dogter 8j sukel baie met haar hare

  6. ons is al net so moedeloos my kleinkind bly in witbank, as sy kom kuier is die kop vol luise winter vakansie asook somer vakansie.E k het al alles wat in die apteek te koop is probeer niks help nie (gambax is n gevaarlike middel moet dit asb nie gebruik nie) Ek wil graag weet waar hierdie epidemie in skole ontstaan het want in my skooljare was daar nie sulke goed nie ook nie in my kinders se tyd nie is daar nie meer skoolverpleegsters wat by die skole besoek afle nie kan iemand my asb.se.

  7. Wat vir ons as kinders gewerk het en wat nou nog werk is ad jy jou kind se hare met honde sjampoo was. Dit klink vreeslik ek weet, maar dit werk. Kam ook na die tyd die hare uit met ‘n luis kammejie.

  8. Ek wil annoniem bly, want ek is ‘n Kinderversorger by ‘n Jeugsorgsentrum iewers in die Vrystaat.

    Ek het twee sussies wat na elke naweek by hul eie-mamma en elke vakansie wat hul by mamma was, terugkeer na ons Kinderhuis met onder andere, KOPLUISE. Duisende van hulle. Om van die kopluise ontslae te raak, is omtrent net een of twee wasse met Gambax. Die probleem is egter die NETE. Die eiertjies klou regtig met ‘n sterk gom aan die hare. Ek laat dan ook die hare heelwat korter sny, maar ek wil nog steeds hê hul moet soos dogtertjies lyk, anders word hul geterg vir hul “seuntjie-voorkoms”.

    Moet egter nie vir my die storie vertel dat luise net op skoon hare voorkom nie, want hierdie betrokke twee kinders kom uit haglike omstandighede en hul het ook ander liggaamlike “siektes” as gevolg van VUIL ….. !! Die kinders het ook omlope, rondewurms, wurms, ens, ens. Daarom dink ek in hierdie omstandighede is dit bloot deel van VUIL SIEKTE.

    Dis ‘n groot en ekstra werkslas vir my, maar ek voel so bitter jammer vir hierdie twee mooi dogtertjies. Hul omstandighede breek my moederhart.

  9. Ek het n tweeling wat sukkel met kopluise. Hulle het lang hare hul pa wil dit kort sny maar hul wil niks van kort hare weet nie, sal die olyfolie en asyn help. Hulle kry dit gereeld. Ons bly nou amper 4 jaar in New Zealand en het die probleem van ons hier bly. Hulle is 12 jaar oud. Kan jy my asb raad gee. Sal dit help as ek die hare kort sny.

    Baie dankie

    Lana Bosch

  10. Ek het eendag in ‘n koerant die raad gekry:

    Placenta ( die soort van KAIR wat jy op die hare spuit vir beskadigde hare) met 2 teeleperls tea trea olie daarin gemeng. Spuit daagliks nadat jy jou kind se hare gewas het liggies daarmee. Dit hou sommer terselfdertyd jou kind se hare gesond en kopluise hou nie van die reuk nie!

  11. WAT ‘n NAGMERRIE… KOPLUISE…

    Ek het as kind in die koshuis vreeslik gesukkel met luise. My ouma het met een van haar geheime die hele probleem verwyder. As jou kind luise het gaan kry parafien en spoel haar kop daarmee af. Kam die hare daarna uit en elke keer daarna as jy jou kind se hare was, so twee keer ‘n week vat jy ‘n beker water met ‘n doppie parafien en gooi dit net oor die kop. NOOIT WEER ‘n luis in sig nie. Ek doen dit tot vandag met my eie kinders, en niks werk soos dit nie…

    Hoop dit help… want dit het vir my, en ook vir my kinders

  12. Ek het die goeie raad gekry om 20ml citronella olie by enige bottel shampoo te gooi. Was kind se hare daarmee en los op vir ten minste 10 min, ek sit ‘n stortkappie op my kind se kop, spoel af en kam met luis kammetjie. Die reuk bly op die kind se kop en verhoed nuwe luise Dit werk vir ons.
    Groete Elanie

  13. Hi Linette
    Ek weet presies hoe jy voel, jong. Dis nie maklik nie. Ek het al baie rande spandeer en ure se behandeling probeer. Soms dink jy jy het gewen, dan sien jy hulle is terug :(

    Daar is ‘n paar rade wat ek onlangs probeer het waaraan ek regtig glo. Na al die gekoopte middels is ek terug na die basics, en dit werk regtig!!!

    1. NB!! Net was help NIE, want die neute bly agter en dan is hulle weer daar ‘n week later. Jy MOET deeglik met ‘n luiskammetjie uitkam.
    2. Die selfde tyd wat ek die hare behandel, trek ek die beddens af, al die kussings en ook die sagte poppe op die bed loop deur.
    3. Die borsels in die huis kry dan ook ‘n skoonmaak in kookwater en ammoniak.

    Die probleem met gekoopte middels: hulle maak dalk wel die luise dood, maar as jy nie al die neute uitkry nie, is hulle binne die volgende week terug. Die geheim le daarin om die neute ALMAL uit te kam. Daar is geen ander manier nie, al belowe die bottel wat, ek het hulle almal al probeer. En gekoopte middels is nie baie ‘olierig’ nie, so dit maak die kam-proses baie pynlik.

    Terug na no.1 – my ‘basic’ behandeling:
    Wat jy nodig het is Olyfolie, wit asyn, glad wrap en die lyskammetjie.
    1. Laat haar terugleun op die kombuistafel, sommer oor ‘n oondpan en ‘soak’ haar kop in die olyfolie. Vryf dit in haar kopvel. Maak dit ‘n ‘massage’, dit maak dit ‘n bietjie meer pret. Eintlik is dit nie te erg ‘n gemors nie, want ek gooi die olie stadig op haar kop en vryf dit bietjie vir biertjie in. Net ‘n bietjie eindig in die oondpan.

    2. Nadat als goed ge-olie is, vou ek haar hare oor haar kop en draai als deeglik toe met glad wrap. Ek hou ‘n ou handoek om haar nek ingeval ietsie onder uitloop. Ons hou dit op vir ongeveer 40-60 minute. Die olyfolie maak die neute los, sodat dit makliker uitkam. Sy kyk gewoonlik tv, doen huiswerk of iets en dis nou die tyd wat ek die beddens en borsels beetkry.

    3. Wanner die uur verby is, kam ek dit deeglik deur met die luiskammetjie. Ek het in die verlede gevind dat hierdie ‘n pynlike oefening is vir my kind met haar lang hare MAAR nie meer nie, want die olyfolie maak haar hare so olierig dat dit maklik kam.
    Wanneer ek dit kam: na elke kam vee ek die kammetjie teen ‘n stuk tissue/toiletpapier. In die begin sien jy die goggatjies en neute. Ek kam totdat ek naderhand niks meer kan sien nie. Dan eers hou ek op.

    4. Wanneer die gekam klaar is, vat ek die wit asyn en ‘spoel’ so stuk-stuk haar hare en kopvel daarmee af. Nie dat dit die olierigheid wegvat nie, maar dit maak wel enige agtergeblywendes dood.

    Hierna, klim sy in die bad met ‘n bottel sjampoo en was haar hare omtrent drie keer oor, om die olierigheid uit te kry – en dit kom uit, moenie bekommer. My dogtertjie het dik, lang hare, so ek weet hoe dit gaan.

    Net nog ‘n paar goed.
    1. Ons het altyd daardie lekker ronde borsels gebruik waar die borselhare deur die silver gate deursteek – GROOT FOUT. Want toe ek eenkeer die bokant afbreek en die borseltjies uit die silver plaatjie afskuif sien jy al die ou hare wat daarin vergader. Jy’t net een neut nodig daar om weer die goeters terug te bring. Vandat ons daardie borsels weggegooi het gaan dit sommer BAIE beter by ons.
    2. Ek het my dogterjie verduidelik dat sy NIE haar of ander truie/serpe moet deel nie, ook nie haarknippies of rekkies kan uitruil en haar maatjie drukkies kan gee waar hul koppe raak nie. Als help met die oordra.

    Sterkte jong, laat weet hoe dit gaan!

    Wat voorkoming betref:
    Buiten om nie klere te deel of koppe te raak het ek hierdie raad op die internet raakgeloop:
    Kry Tea-Tree olie by die apteek, sommer daai klein aromatherapy botteltjies. Drup so 20 druppels in haar conditionerbottel en skud goed in (af die 2-in-1 shampoo as jy dit gebruik). Net genoeg dat die Tea-tree reuk wel bietjie deurkom.
    Ek kan nie verseker se of dit wel werk nie, maar ons probeer mos maar als waar ons kan, ne!

    Sterkte, ek hoor graag hoe dit gaan!

  14. Hello,
    ek sukkel net so met my kind. Sy huil elke keer as dit weer deursoek tyd is. Dit gaan al vir amper 3jaar so aan. Ek het ook al alles probeer. Die laaste keer het ek Gambax gekoop. Dit lyk of dit nou help. Hoop so.
    Linette

  15. moenie kommer nie, een van die dae het ek die perfekte oplossing vir ons unwanted goga’s. ek hoop net dat al die elsie mamma’s sal belangstel. hou die spasie dop.
    elsie groete

  16. Hello Joey
    Ons verstaan baie goed hoe jy moet voel! Ons het met ‘n GLF oueraand ‘n spreker gekry wat met die ouers oor kopluise praat. Tips en mites, ens. Dit was baie goed. Ek weet nie of jy ‘n Elspark ouer is nie, maar luister gerus en sien of dit jou nie help nie.

    Ek sal die resepte en mites op die blaai sit, indien jy dit nie kan luister nie. Loer terug, dis binnekort op.
    Hoop dit help – laat weet hoe dit gaan.
    Elsie-groete!

  17. Ek is raad op, sukkel al maande met kopluise. Als probeer en niks werk nie. Wat mis ek?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: