Posted by: Elsies | Februarie 21, 2009

Hou ons kinders veilig – hou by die verkeersreëls

Vir die veiligheid van ons kinders wil ons asseblief die volgende onder u aandag bring.

1. Moet asseblief nie op die geel en rooi lyne parkeer om u kinders op en af te laai nie. Die nodige parkering is beskikbaar. Indien u daar parkeer bemoeilik dit die skolierpatrollie se uitsig vir aankomende verkeer.

2. Alle leerders wat die pad kruis moet die voetoorgang gebruik.

3. Gehoorsaam asseblief ten alle tye die spoedreëls voor die skool. Ry asseblief stadig by voetoorgange. Die veiligheid van al ons kinders is op die spel.

In opdrag van ons ouers, Beheerliggaam en verkeersowerheid gaan ons oortreders se registrasienommers neem vir verdere vervolging deur verkeersowerheid. Ons doen ‘n beroep op die ouers om foto’s van oortreders te neem vir verdere vervolging. ‘n Kamera wat die voetoorgange monitor sal aanstons aangebring word.

Ons maak staat op u samewerking omdat ons kinders se veiligheid vir ons baie belangrik is.


Responses

  1. Die ouers by die voetoorgang is ‘n groot probleem. Dit lyk of somige kinders reg voor hulle klasse af gelaai moet word. ‘n Voetoorgang is nie om op te stop nie. Ek stel voor die skool moet die kinders die reels van ‘n voeroorgang leer, sodat hulle sal weet wanneer hulle ouers oortree.

    ASB moenie op of naby die voetoorgang stop nie!!!

  2. Ek stem saam, ek sien te veel ouers op die voetoorgang parkeer. My kinders weet hulle moenie eers daar naby nie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: