Dankbaarheid

AS JY DANKBAAR IS VIR IETS? DEEL DIT ASB MET ONS…los ‘n kommentaar onderaan die blaai.

HIER IS ONS DANKBAARHEIDSLYSIE:

2010-08-25 (Omsendbrief 4 van Augustus 2010)

Dankie aan ons ouers wat getrou hul skoolfonds, naskoolgelde en revuegelde betaal.  Dit word opreg waardeer.

Dankie aan al die jukskei ouers wat elke Saterdag hul kinders self vervoer na die verskillende wedstryde

Dankie aan ouers se ondersteuning in die moeilike stakingstyd.

Dankie aan die CPF wat op gereedheid grondslag is vir die staking.

2010-08-18 (Omsendbrief 3 van Augustus 2010)
Dankie aan die Beheerliggaam en mnr Ndlela (skoolinspekteur) vir al hulle werk en insette wat hul gelewer het met die onderhoude en aanstelling van ons skoolhoof

Dankie aan die kinders wat getrou die skool bywoon ten spyte van die stakings en ouers wat hul kinders getrou skool toe bring.

Dankie aan die personeel en kinders wat so hard werk in die klasse.

Mnr Khami Bothma wat ons getrou ondersteun en help by die skaak.

2010-08-11 (Omsendbrief 2 van Augustus 2010)
Dankie aan die CPF vir ons skool se algemene veiligheid en vir gister

Dankie vir almal se harde werk en vir ons ouers se ondersteuning tydens die fondsinsameling.  Julle is wonderlik.  Baie dankie.

Dankie aan al ons kinders vir hul mooi gedrag en harde werk by die skool.

Dankie aan die personeel vir hul harde werk in die klasse.

Dankie vir almal se teenwoordigheid by die revue-aande en naweke.  Dankie in die besonder aan die revue komitee.

Dankie aan al ons ouers wat hul revue-gelde betaal.

2010-08-04 (Omsendbrief 1 van Augustus 2010)
Dankie aan al die personeel wat so hard werk met die Revue

Dankie aan al die kinders wat so getrou kom Revue oefen asook ouers vir die op- en aflaai van hul kinders.

Dankie aan al ons sport kinders wat getrou kom oefen en met ywer deelneem

Dankie aan ons Hemelse Vader dat Hy ons elke dag vashou en seën met veiligheid, voorspoed en gesondheid

Dankie aan ons ouers wat weereens ons ondersteun met die fondsinsameling.

Dankie aan die kinders wat ywerig deelneem aan die kunswedstryd.

Dankie aan ons ouers wat sorg dat hul kinders netjies skool toe kom.

2010-07-28 (Omsendbrief 3 van Julie 2010)
Baie dankie aan me Diemieniet, me Spies en mnr De Wet vir die borg van die 1ste hokkiespan se klere.

Baie dankie aan me Sharon Louw en die Ouer Ondersteunersgroep wat tydens die kunswedstryd vir ons die verkope hanteer.  Hulle is getrou op hul pos!

Dankie aan die CPF lede en me Mary Bester wat me Coetzee (ouer) bygestaan het tydens haar motorongeluk verlede week en Donderdag.  Dankie aan ons Hemelse Vader wat hulle beskerm het en aan die personeel van ons skool wat haar seun ondersteun het.

2010-07-21 (Omsendbrief 2 van Julie 2010)
CPF – Baie dankie vir hul betrokkenheid by die skool en die gemeenskap

Dankie aan ons kinders, personeel en ouers vir hul getroue revue oefening tydens die koue aande.

Dankie aan me Brits vir die webtuiste wat sy getrou op datum hou.

Baie dankie aan al ons ouers wat hul skoolgeld getrou betaal.  Ons het groot waardering daarvoor.

2010-07-14 (Omsendbrief 1 van Julie 2010)
Dankie aan me C Grobler van Total Klippoortie wat vir ons weekliks brood voorsien vir die voedingskema

Dankie vir al ons ouers wat so mooi gereageer het op die aanstuur van ou CD’s, koerante, ou swembadpype ens.  Ons waardeer u!


2010-06-02 (Omsendbrief 1 van Junie 2010)

Dankie aan die volgende ouers wat ons help met verkope gedurende die aand oefensessies.
Graad 5 – Mnr en me Van Zyl
Graad 6 – Me Louw
Graad 7 – Me Joubert
Ons waardeer julle!

Baie dankie aan ons Ouer Ondersteuningspan vir hul bydrae tot die skool se sukses en hul ondersteuning.

Aan die Beheerliggaam en ander ondersteuningsdienste, beraders en sielkundiges.

Me Ludik vir die vlae wat sy vir ons geskenk het itv die wêreld bekersokker

Baie dankie aan ons ouers vir hul positiewe bydrae vir die rugbyraai.  U is ongelooflik.  Groot waardering!

Aan die CPF vir hulle hulp met die revue kinders en dat hulle so mooi na ons skool kyk.

Mnr Khami Bothma wat vir ons die skaak bedryf en baie suksesvol is daarmee

Aan ons Hemelse Vader wat Sy beskermde hand oor almal gehou gedurende het hierdie kwartaal.

2010-05-26 (Omsendbrief 4 van Mei 2010)
Dankie aan die O/12 netbalouers vir jul getroue ondersteuning

2010-05-19 (Omsendbrief 3 van Mei 2010)
Dankie aan al ons revue ouers wat met groot geduld hul kinders betyds op- en aflaai!  Dit word waardeer.

Vir ons Buurtwag, CPF, wat geduldig wag totdat die laaste juffrou saans na die revue oefening by die skoolhek uitry.  Ons waardeer julle!

Dankie aan die personeel vir die revue (besonder mee Mitton en Terblanche wat lang ure oor die naweek werk saam met ons kinders.

Dankie aan die NG Kerk Sunwardpark (Fransie) wat weekliks ‘n warm ete voorsien vir behoeftige leerders.

Dankie aan Pastoor Nicky vd Westhuizen se kerk, New Beginnings Christian Family Church wat beraders gratis beskikbaar stel om ons kinders te ondersteun.

2010-05-12 (Omsendbrief 2 van Mei 2010)
Baie dankie aan die ouers wat vir ons die draad by die netbalbane herstel het.  Dit word opreg waardeer!

2010-05-05 (Omsendbrief 1 van Mei 2010)
Baie dankie aan ons ouers wat die uitnodiging na die grootskerm funksie aangeneem het.  Ons waardeer u mooi gesindheid en betrokkenheid.

Dankie aan die kinders wat reeds hul borg vorms en gelde inbetaal het.

Dankie aan die terrein personeel vir die voorbereiding en opruim van die terrein en die maak van pap en sous vir Vrydag se funksie.

2010-04-28 (Omsendbrief 3 van April 2010)
Dankie aan elke kind wat pligsgetrou revue oefeninge bywoon, ouers wat kinders aflaai en personeel wat altyd hier is.

Dankie aan ons manspersoneel verantwoordelik as sekuriteit by die revue oefeninge.

Dankie aan die rugbyspelers en afrigters wat Maandag en Dinsdag kom oefen het op die vakansiedae.

Dankie aan die CPF buurtwaglede wat diens doen by elke revue oefening.

Dankie aan Me Brits vir die skool se webwerf (www.laerskoolelspark.co.za)

2010-04-21 (Omsendbrief 2 van April 2010)
Baie dankie aan ons Ouer Ondersteunersgroep onder leiding van Sharon Louw wat Saterdag, 17 April vir ons sanggroep heerlike verversings verskaf het!  Daardie “hot dogs” was HEERLIK!!

Dankie aan ons ouers, personeel en kinders vir hul positiewe gesindheid by die Revue.

2010-04-14 (Omsendbrief 1 van April 2010)
Baie dankie aan ons Hemelse Vader dat almal ongedeerd na die vakansie teruggekom het.

Dankie aan ons terreinwerkers wat tydens die vakansie ons terrein skoon en netjies gehou het.

Dankie aan die kinders se entoesiasme en deelname tydens die Groendag.  Julle deelname maak ‘n verskil.

Geluk aan ons kinders met hul pragtige rapporte.  Dankie vir jul harde werk.

Dankie aan mnr Oosthuizen vir die verf van die muur by die ingang in Ravenstraat.

Dankie aan die naskoolpersoneel vir hul harde werk tydens die vakansie en hul opoffering vir hierdie kinders.

Dankie aan die CPF vir hulle bydrae om van ons skool ‘n veiliger plek te maak en vir hul teenwoordigheid tydens die revue en oueraande.

Baie dankie aan ons netbalouers vir u ondersteuning en entoesiasme langs die baan.

Baie dankie aan die O/12 en O/13 netbalouers vir die geleentheid wat u aan u kind gegee het om die netbaltoer mee te maak.

Dankie ook aan ons ouerondersteunersgroep wat 3 van ons dogters geborg het.  Julle maak ‘n verskil.

2010-03-24 (Omsendbrief 4 van Maart 2010)
Dankie aan al ons kinders, ouers en personeel vir hul getroue ondersteuning, hulp en harde werk gedurende die eerste kwartaal.

Dankie aan ons Hemelse Vader vir Sy genade en seën tydens die kwartaal.

2010-03-17 (Omsendbrief 3 van Maart 2010)
Baie dankie aan al die O/12 netbalouers vir hul volgehoue en positiewe ondersteuning.  Dit word opreg waardeer.  Dit is vir my ‘n voorreg om met sulke ouers te werk.  Wees asseblief verseker dat ek en die kinders dit opreg waardeer. – me De Wet

Dankie aan die Elspark & Freewaypark Gemeenskapspatrollie/buurtwag vir hul hulp.

Dankie aan die Ouer Ondersteunersgroep dat hulle elke dag besig is met sake aangaande die skool.

Dankie aan die kinders wat altyd getrou help om die skoolterrein skoon te hou.

Dankie aan die padpatrollie wat elke dag getrou aan diens is.

Dankie aan ons personeel en kinders vir hul harde en getroue werk.

Dankie aan ons ouergemeenskap vir hul algemene ondersteuning.

2010-03-10 (Omsendbrief 2 van Maart 2010)
Dankie aan ons ouer Ondersteunersgroep vir hul positiwiteit en harde werk met verkope om ons minder bevoorregte leerders te ondersteun.  Baie dankie aan die groot getal ouers wat bereid is om betrokke te raak by die groep.  Ons wil ons ouer betrokkenheid graag vermeerder.

Dankie aan al die netbaldogters en ouers wat gehelp het om ons koekverkoping ‘n sukses te maak

2010-03-03 (Omsendbrief 1 van Maart 2010)
Dankie aan ons rugby en netbalkinders wat so hard oefen en ons personeel wat ook daar betrokke is.

Dankie aan ons ouers wat so pligsgetrou hul skool- revue-, naskool- en kleuterskoolgelde betaal.

Dankie aan ons Vader vir die lekker reën en die wonderskone natuur wat ons kan geniet.

2010-02-24 (Omsendbrief 4 van Februarie 2010)
Dankie aan al ons atlete vir hul pragtige prestasie by die Interlaer – dit was die beste in vyf jaar!  Dankie aan al ons kinders wat so soet en getrou op die pawiljoen gesit en ons atlete ondersteun het.

Dankie aan die Ouer Ondersteunersgroep vir hul harde werk.

Dankie aan al ons ouers wat al hul bydrae vir die Revue vereffen het.

Dankie aan ons Hemelse Vader vir al Sy seën oor ons skool, personeel, kinders en ouers.  Ons eer Hom en as ons roem dan roem ons in Hom.

2010-02-17 (Omsendbrief 3 van Februarie 2010)
Ons is dankbaar aan mnr en me Mavelia wat vir ons ‘n sementblad voor die SPO klas gaan gooi.  Dit word opreg waardeer.

Dankie aan al ons atlete wat so hard geoefen het vir môre se Interlaer.

Dankie aan al ons personeel wat so getrou was met die voorbereiding van die Interlaer.  Dankie vir julle motivering en ondersteuning van die atlete.

Dankie aan die personeel wat in die saal gehelp het met die voorbereiding van liedjies wat vanaf die pawiljoen gesing gaan word en die pom pom meisies en dirigente wat gaan optree.

2010-02-10 (Omsendbrief 2 van Februarie 2010)
Dankie aan al ons ouers en kinders vir die vla en melk wat hulle geskenk het vir die Kowa Pienaar Ouetehuis.  Die reaksie was oorweldigend en die dankbaarheid vanaf die Tehuis word uitgebeeld in die aangehegte skrywe vanaf hulle.

Dankie aan al ons atelete wat so hard gewerk het tydens die laaste byeenkoms en ook so hard en getrou kom oefen.

Dankie vir al die kinders se mooi maniere en werk wat hulle in die klas doen.

Dankie aan al die ouers wat so positief op die Ouerondersteuners se brief om hulp gereageer het.  Jy maak ‘n verskil!!!

2010-02-03 (Omsendbrief 1 van Februarie 2010)

Ons is vandag dankbaar aan ons Beheerliggaam wat so getrou funksies bywoon en ons is dankbaar vir hul ondersteuning aan ons skool.

Dankie aan al ons ouers en kinders vir die vla en melk wat hulle geskenk het vir die Kowa Pienaar Ouetehuis.

Ons kinders se harde werk in die klas en op die atletiekveld is vir ons baie belangrik en almal doen hul beste en daarvoor wil ons vir hulle ook baie dankie sê.

2010-01-27 (Omsendbrief 3 van Januarie 2010)
Ons is dankbaar aan elke ouer wat so getrou hul skoolgeld vereffen.
Dankie aan elke kind wat ook ten spyte van die reën getrou atletiek oefen.
U positiewe gesindheid ten opsigte van die revue is vir ons ‘n riem onder die hart.  Baie dankie daarvoor.

2010-01-20 (Omsendbrief 2 van Januarie 2010)
Ons sê baie dankie aan al ons ouers wat hierdie jaar besluit het om hul kinders by Laerskool Elspark in te skryf vir hul kleuterskool & laerskool onderrig.  Aan ouers wat verlede jaar klaar betrokke was by ons skool – baie dankie dat u weer die regte keuse in belang van u kind gemaak het.  Aan nuwe ouers van ons skool – baie dankie dat u die regte keuse gemaak het deur u kind in te skryf by Dié skool vir kinders.

Dankie aan ons ouers wat getrou hul skoolgeld betaal.  Sonder u fondse kan ons nie die skool se standaard ten opsigte van hulpbronne, terreine en personalia handhaaf nie.

Dankie aan ouers wat vir ons klere (skoolklere en gewone klere) vir die klerebank geskenk het.  Daar is altyd ‘n behoefte aan klere en dit sal dienooreenkomstig volgens behoefte versprei word.

Dankie aan ons Hemelse Vader vir die reën waarmee Hy ons seën.

2010-01-12 (Omsendbrief 1 van Januarie 2010)
“Daar is drie dinge waarvoor ek God elke dag uit my hart dank: dat Hy vir my die kennis van Sy werke openbaar het;  dat Hy in my donkerte die lamp van geloof opgerig het en dat ek nog lewe het om na uit te sien – ‘n lewe vol vreugde met lig en blomme en hemelse musiek.” – Helen Keller

Ons sê in hierdie week dankie aan ons Hemelse Vader vir ons personeel, vanaf die Grondstaf-assistente wat vir ons die terrein altyd so mooi en skoon hou, tot die kantoorpersoneel wat altyd aan die draf is en almal probeer help, tot die onderwysers wat onderwys as ‘n roeping sien, tot die Skoolbestuur vir die leierskap en ondersteuning.  Dankie vir die feit dat almal teenwoordig is en net hul beste lewer vir dié skool vir kinders!

IS JY OOK DANKBAAR VIR IETS? VERTEL VIR ONS…

Responses

  1. Toe dit tyd word om te besluit by watse skool ek my kind moet inskryf vir Graad 0 het ek ernstig begin bid en het ek die oortuiging gekry dat Laerskool Elspark die Laerskool vir my kind is. Ek was nog nie vir een oomblik spyt oor daardie besluit nie en na die Revue het ek so trots gevoel dat my kind deel was van so ‘n ongelooflike projek wat soveel opoffering, tyd, geduld en liefde vir die kinders gevat het. Dankie aan al die onderwysers/resse, Mnr Gericke, die professionele mense en aan al die ander ouers wat deelgehad het om die Revue so ‘n fantasiese sukses te maak en veral ook aan die Graad 0 (vir my seun) onderwyseresse. Ons waardeer julle opreg!!

  2. Dankie aan al die onnies wat vandag, die 10de Augustus, besluit het om ons kinders se edukasie en veiligheid eerste te stel. Vir my as ouer van ‘n Graad 5 en Graad 2 leerling is dit fantasties! Ek’s bly my kroos is in Laerskool Elspark, want julle stel die belange van die leerlinge eerste!

    Outstanding!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: