Posted by: Elsies | Februarie 26, 2009

Lig u mening oor iets anders?

Wil jy dalk oor ietsie anders gesels as wat op is? Wel, laat ons weet deur dit sommer in die ‘comments’ van een van die ‘posts’ te sit. Ons sal dit uitlig in ‘n aparte post. Ons wil graag hoor wat jy dink!

Onthou, jou kommentaar verskyn nie dadelik op die www nie, dit neem ‘n paar uur.

Ons behou die reg om kommentaar te weerhou, af te keur of te sensor. Dit is net in gevalle waar ons voel dat dit onbillike of kwaadwillig van aard is. Enige persoonlike probleem of geskilpunt hierop uitgelig word nie gepubliseer nie, maar sal na die hoof van Laerskool Elspark gestuur word.


Responses

  1. Goeie Dag Me Ludick,
    Na ondersoek na jou vraag, kan ons ongelukkig nie Tina Cowley sessies by die skool self aanbied nie. Die Tina Cowley Leessentrums is ‘n ‘franchise’ wat een beperk tot ‘n sekere gebied. Daar bestaan alreeds een in Sunward Park, die gebied waarin ons skool ook val. Daarom moet die ouers met hulle kontak en hulle kinders soontoe vat. Hul besonderhede is: Tarina Jutte – 083 208 0018 (Tina Cowley, Sunward Park).

    Om kinders se lees te bevorder en probleme vroeg te identifiseer en aan te spreek, het Laerskool Elspark sy eie ‘Teruglees’ afdeling met eie onderwyseres wat daaraan aandag gee. Indien u meer wil weet is u welkom om ons daaroor te kom sien of praat met u kind se voogonderwyser daaroor.
    Hoop dit help.

  2. Wat is die moontlikheid van ‘n Tina Cowley lees sentrum sessies weekliks by die skool of iets dan soorts gelyk aan kinders te bied?

  3. Dankie – ons sal beslis so maak!

  4. Sjoe! ek het gaan kyk na die skaaklink, baie mooi! Julle het my email, stuur foto’s en uitslae en dan blog ek julle op my skaakblog! – as julle belangstel!

  5. Dankie. Ja, ons is ‘n baie oulike skool, ons is ook op twitter, nou onlangs. Ons het ‘n hele paar oulike skaakspanne, drie van hulle is oppad na die Gauteng kampioenskappe. Kyk bietjie hoe speel hulle op ons webblad se fotogallery … http://www.laerskoolelspark.co.za/fotogallery.html

  6. Dis baie oulik van ‘n skool om ‘n blog te hê, motiveer bietjie meer skole om dit te doen! Enige skaakspelers in julle skool?

  7. Ja, alle Elsies die winter is hier en die koue weer is glad nie lekker nie, maar dit moet ons nie verhinder om ons ongewing en skoolgronde groen en rommel vry te hou nie. Hier is n gedagte vir alle Elspark leerlinge en ouers:

    G – Geen
    R – Rommel
    O – Op
    E – Elspark (Laerskool)
    N – Nie !

    Kom maak n verskil – groen is die nuwe generasie se erfenis!

  8. Dankie Mnr Bothma, vir u kommentaar op ons blog. Weens die vakansie is ons laat om dit te publiseer. Jammer daaroor. Dis ‘n voorreg om u as ‘n ouer van Laerskool Elspark te kan hê.

  9. Ek wil net graag as ‘n ouer,die hoof en personeel bedank vir hulle toewyding en ondersteuning van ons kinders en hulle ‘n rustige vakansie toewens,ons hoop hulle kom almal veilig en uitgerus terug.

    Ons is dankbaar dat ons kinders in diè atmosfeer en omgewing onderrig word en bevoorreg om gehalte opvoeders te kan hê.

    Dankie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Kategorieë

%d bloggers like this: