Graag deel ek my aanstellingsvreugde asook voorreg met u as ouergemeenskap. Dit is vir my ‘n besonderse eer om aan die hoof te staan van Laerskool Elspark. Hierdie skool is geseën met ‘n wonderlike personeel, ouergemeenskap en pragtige kinders wat mooi waardes en norme uitleef, wat voortspruit uit hul opvoeding.
Wees verseker dat ek soos in die afgelope 18 jaar alle aandeelhouers van die skool se belange op die hart dra en dat my persoonlike doelwit een van diens aan elkeen van u is.
Die skool se grondslag sal nog steeds gebaseer wees op Christelike beginsels gekoppel aan mooi waardes en norme. Ons sal ook poog om, waar moontlik, ons standaarde op alle vlakke te verhoog (akademie, sport, kultuur, dissipline ens).
Belangrik vir u as ouers om te weet is dat hierdie skool nie aan my behoort nie, maar aan u as ouer. Daarom wil ek vir u nooi en aanspoor om altyd positief betrokke te wees by u skool. Die sukses gaan nie net van my persoonlik afhang nie, maar u volgehoue ondersteuning. By voorbaat dankie dat ek weer soos in die verlede op u kan staatmaak. Ek waardeer u geweldig. Mag ons Hemelse Vader gee dat hierdie skool van krag tot krag sal gaan en dat ons altyd ons leuse – kennis, liefde en diens – gestand sal doen.
Groete
Fred Gericke
Baie geluk, Mnr. Gericke! Ons is baie bly saam met u, en ons weet dat dit God is wat aanstel. U verdien dit, want deur die jare het u aan ons as ouers gewys dat u hart in Laerskool Elspark is. Baie dankie vir alles wat u al oor die jare vir ons kinders beteken het. Ons glo dat u hierdie belangrike rol met baie gebed en Godgegewe wysheid sal volvoer. Mag die Here u seen elke tree van die pad.
Groete, Werner en Venessa van Eyk
By: Venessa van Eyk on September 16, 2010
at 1:38 nm
Baie geluk, Fred!!! Alle voorspoed en sterkte met jou harde werk wat voorle. Groete. Tiela***
By: Tiela Rabie on September 13, 2010
at 8:03 nm
Fred,
baie geluk met jou aanstelling as skoolhoof van Laerskool Elspark. Ons glo jy is die persoon wat die regte besluite sal neem namens ons kinders en die ouergemeenskap.
Voorspoed en sterkte met hierdie uiters belangrike pos word jou toegewens.
Groete
Marius en Celeste Stevens
By: Marius en Celeste Stevens on Augustus 22, 2010
at 4:45 nm
Baie baie geluk Fred! Ek is saam met jou bly en alle voorspoed vir die taak wat voor jou le. Lovies Vygie
By: M Herbst on Augustus 20, 2010
at 5:39 nm
Baie Geluk met die aanstelling Mnr. Gericke! Ek glo jy gaan baie suksesvol wees in jou aanstelling en ons kinders se belange ten alle tye op die hart dra.
Nogmaals geluk!
Groete
Riaan en Petro Pieterse
JA Pieterse and Associates Attorneys
By: Petro Pieterse on Augustus 20, 2010
at 11:05 vm